David Bowie

David Bowie
David Bowie in 2002
Agtergrondinligting
GeboortenaamDavid Robert Jones
Gebore(1947-01-08)8 Januarie 1947
Brixton, Londen, Verenigde Koninkryk
Sterf10 Januarie 2016 (op 69)
Manhattan, New York Stad, Verenigde State
GenresArt rock, glam rock, pop, electronic experimental
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, instrumentalis, platevervaardiger, skilder en akteur
InstrumenteStem, kitaar
Jare aktief1962–2016
EtiketteISO, RCA, Virgin, EMI, Columbia, Deram, BMG, Pye, Vocalion, Parlophone
AssosiasiesCarlos Alomar, The Riot Squad, Arnold Corns, Tin Machine, The Hype, Iggy Pop, Brian Eno, Lou Reed, Adrian Belew, Mick Ronson, John Lennon, Queen, Nine Inch Nails, Mick Jagger, Tina Turner
Webwerfdavidbowie.com

David Robert Jones (8 Januarie 1947 – 10 Januarie 2016), bekend as David Bowie, was ’n Britse sanger, liedjieskrywer, instrumentalis, platevervaardiger, skilder en akteur. Bowie het in die 1970's groot sukses behaal en was vir langer as vier dekades ’n bekende figuur in popmusiek. Hy was bekend as ’n innoveerder, veral vir sy werk in die sewentigerjare. Sy androgene voorkoms was ’n ikoniese deel van sy beeld, veral in die sewentiger- en tagtigerjare. Hy is veral bekend vir sy rol as Ziggy Stardust, ’n karakter wat hy bedink het toe die album The Rise and Fall of Ziggy Stardust and the Spiders from Mars in 1972 vrygestel is. Van sy ander bekende albums is Heroes en Let’s Dance.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search